Organisasies ontvang skenkings tydens SJGD liefdadigheidsbal

Die Noordwes Universiteit (NWU) het Saterdag (23 Oktober) R248 000 en drie rolstoele aan nie-winsgewende organisasies en individue wat liefdadigheidsprojekte vir die plaaslike gemeenskap beplan, oorhandig.

Die Noordwes Universiteit (NWU) het Saterdag (23 Oktober) R248 000 en drie rolstoele aan nie-winsgewende organisasies en individue wat liefdadigheidsprojekte vir die plaaslike gemeenskap beplan, oorhandig. Dit het tydens ‘n liefdadigheidsbal op die kampus plaasgevind.

Die Studente JOOL Gemeenskapsdiens (SJGD) bied jaarliks dié bal aan. Saterdag se spoggeleentheid het in die pragtige plataanlaning (Lover’s lane) buite die administrasiegboue op die kampus plaasgevind. Yolandé Pienaar, die studenteraad voorsitter van SJGD op die Potchefstroom kampus, sê dit is in die laning gehou om meer gaste te nooi en steeds by Covid-regulasies te hou. Dr. Corrie Rheeder, direkteur van studentelewe op die Potchefstroom kampus, en Yolandé wou ook, na die lang Covid19 inperking, gaste na die kampus toe terug bring en met die mooi kampus spog.

JOOL (Jou onbaatsugtige opoffering vir liefdadigheid) loods jaarliks verskeie projekte om fondse in te samel. Voglens Yolandé Pienaar, voorsitter van SJGD, word ongeveer 70% van hierdie fondse aan SJGD en die oorblywende 30% aan die gemeenskap uitbetaal. Van die organisasies wat fondse ontvang het, was twaalf van Potchefstroom en drie vam die omliggende area.

Yolandé sê verder dat JOOL wat nie vanjaar kon plaasvind nie ń groot impak op SJGD se uitbetalings gehad het. SJGD se ingesteld moes wees om meer te spaar en minder geld uit gee daarom was die bedrae wat uitbetaal was minder as in die verlede.

Exit mobile version