NewsNews

Hartseer einde vir donkiemerrie by Paws

"Ons waardeer almal se ondersteuning, bystand, gebede en hulp die laaste ruk met Hope Ons weet Hope is nou saam ou klein Miracle sonder enige pyn."

Hope, die donkie-merrie wat die afgelope twee weke by PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) na ‘n noodkeiser, aangesterk het, is vanoggend oorlede.
Dit nadat haar vulletjie, Miracle, verlede week ook die tydelike met die ewige verwissel het.
 
PAWS het dit op hulle Facebookblad vanoggend bevestig dat Hope gistermiddag (Woensdag, 27 Oktober) ‘ groot terugslag gehad het en nie kon herstel daarvan nie.
 
Die afgelope week het hierdie donkie ‘n paar terugslae beleef en veral probleme weens maagsere ervaar.
Paws het alles moontlik gedoen om die donkie te help, maar helaas hey sy haar laaste asem uitgeblaas.
Sy het ook gister ‘n nuwe donkie maatjie gekry om haar te help tydens haar herstelproses.
 
“Dis met ‘n swaar, gebreekte, en hartseer hart, dat ons almal moet meedeel dat Hope (mamma), ook oorlede is
Hope het gister middag n groot terug slag ervaar en het dit ongelukkig nie gemaak nie.
 
‘n Groot dankie aan Dr. Francois Gerber wat haar van die begin af behandel het en 3 keer ‘n dag haar besoek het. Ons waardeer almal se ondersteuning, bystand, gebede en hulp die laaste ruk met Hope
 
Ons weet Hope is nou saam ou klein Miracle sonder enige pyn.
Hope gaan vreeslik gemis word by ons en is haar plekkie nou leeg,” noem Paws op hulle Facebookblad.
 

Related Articles

Back to top button