CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Klagtes van menseroof na meisies tydens piekniek vasgebind word

Vier meisies in hul twintigs het Saterdag (23 Oktober) piekniek langs die Mooirivier gehou toe ‘n man hulle met ‘n mes dreig en daarna laat vasbind het.

Vier meisies in hul twintigs het Saterdag (23 Oktober) piekniek langs die Mooirivier gehou toe ‘n man hulle met ‘n mes dreig en daarna laat vasbind het.

Hulle het hom oorreed om vir hom geld te gee in ruil daarvoor dat hy hulle nie sal seer maak nie.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het die voorval om 13:20 naby die dam-area plaasgevind. Die meisies wat betrokke was, was ‘n NWU-student en drie van haar vriendinne wat van Pretoria by haar gekuier het.

Volgens Myburgh is die man later as Solomon Motshabi (33) identifiseer. Motshabi het een van die meisies uitgesonder en haar opdrag gegee om haar drie vriendinne by ‘n brug in die omliggende area vas te bind. Hy het dieselfde meisie gedwing om saam met hom in sy kar te klim en Bult toe te ry waar sy vir hom geld sou trek.

Terwyl hulle weg was, het een van die vriendinne losgekom en haar ma geskakel wat weer op haar beurt Mooirivier Beskerming geskakel het om te help. Die ma het aan hulle vertel dat die man ‘n oranje Echo Sport ry en dat ‘n jong meisie gedwing was om vir hom geld te trek.

Nadat die sekuriteitsbeamptes die sekuriteitskameras op die Bult dopgehou het, is die man se voertuig opgemerk. Die meisie het die geld getrek, maar voor sy dit aan hom kon oorhandig, het die sekuriteitsbeamptes op die man toegeslaan en hom in hegtenis geneem. Hy is later aan die polisie oorhandig.

ER24 het die meisies vir enige beserings ondersoek. Behalwe vir skraapwonde is hulle nie verder beserings opgedoen nie.

Kol. Myburgh sê Motshabi het Maandag in die Potchefstroomse landdroshof op ‘n aanklag van poging tot roof en vier aanklagtes van menseroof verskyn. “Hy bly in aanhouding en sal Vrydag, 29 Oktober weer in die hof verskyn wanneer hy vir borgtog kan aansoek doen. Die staat sal aanvoer dat Motshabi borgtog geweier word”, het kol. Myburgh gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button