NewsNews

Bejaarde inwoner se moordenaars lewenslank tronk toe

Bejaarde inwoner se moordenaars lewenslank tronk toe

Die twee oorblywende beskuldigdes van die bejaarde Susanna Nel (84) van die Fochville-omgewing is Dinsdagoggend elk tot lewenslank gevonnis.

Pieter Swanepoel (29) en Chris van Vuuren (23) het die dag in die Fochville Landdroshof voorgekom. Landdros Adele Maass het die twee mans elk tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Beide het reeds tydens ‘n vorige verskyning in Augustus skuldig gepleit. Nel is op 24 Februarie verlede jaar dood op die plaas Elandsfontein in die Fochville-ongewing gekry. Haar liggaam was onder ‘n hoop klere gekry in haar eetkamer gekry en sy is vermoedelik verwurg. Die derde beskuldigde in die saak, Deborah Swanepoel (64), Pieter se ma, het in Mei vanjaar aan natuurlike oorsake in aanhouding gesterf. Die beskuldiges het ten tye van Nel se moord by haar gewoon na hulle haar blykbaar ‘n week tevore om verblyf gevra het. Die twee oorblywende moordenaars van die bejaarde Susanna Nel (84) van die Fochville-omgewing is vanoggend lewenslank hof toe gestuur. Pieter Swanepoel (29) en Chris van Vuuren (23) het vanoggend in die Fochville Landdroshof voorgekom. Landdros Adele Maass het die twee mans elk tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Beide het reeds tydens ‘n vorige verskyning in Augustus skuldig gepleit. Nel is op 24 Februarie verlede jaar dood op die plaas Elandsfontein in die Fochville-ongewing gekry. Haar liggaam was onder ‘n hoop klere gekry in haar eetkamer gekry en sy is vermoedelik verwurg. Die derde beskuldigde in die saak, Deborah Swanepoel (64), Pieter se ma, het in Mei vanjaar aan natuurlike oorsake in aanhouding gesterf. Die beskuldiges het ten tye van Nel se moord by haar gewoon na hulle haar blykbaar ‘n week tevore om verblyf gevra het. “Nel se familie sê hulle is tevrede met die vonnis,” sê Patrick Mokwena van Dreamstudiophotographers, wat vanoggend die hofsaak bygewoon het.

Related Articles

Back to top button