Bootdiefstal was twee rowers se swanesang

Die polisie het twee gesoute rowers Woensdag (20 Oktober) op die Carletonville-pad gearresteer nadat hulle ‘n boot met ‘n sleepwaentjie gesteel het.

Die polisie het twee gesoute rowers Woensdag (20 Oktober) op die Carletonville-pad gearresteer nadat hulle ‘n boot met ‘n sleepwaentjie gesteel het.

Volgens kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in die Noordwes, was die boot op ‘n plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp gesteel.

Die twee verdagtes, Lampi Katake (53) en Pule Morei (47), het Vrydag in die Potchefstroomse landdroshof op diefstalaangklages verskyn.

Kol. Funani sê dat die polisie al lank na Katake en Morei op soek is. “Katake word met verskeie sake van veediefstal verbind en Morei word weer met besigheidsroof en huisroof verbind”, het Funani gesê.

Exit mobile version