CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Student vang rooftog op video vas

Twee studente meisies (19) van die NWU is gisteraand omstreeks 20:00 by ‘n kitsbank in Walter Sisulustraat (Kerkstraat) oorval en beroof toe hulle kontant getrek het om ‘n bekende kuierplek naby te besoek.

‘n NWU-student (19) het twee rowers op video vasgelê toe haar vriendin by die teller besig was om kontant te trek. Sy was toevallig besig om ‘n boemelaar naby op video vas te lê toe die twee mans op hulle afgestorm het. Die voorval het omstreeks 20:00 by ‘n kitsbank in Walter Sisulustraat (Kerkstraat) plaasgevind.

Volgens die meisies was hulle aanvanklik versigtig toe hulle geen sekuriteitsbeamptes by die kitsbanke sien nie en het hulle vir die sekuriteitsbeampte by die kuierplek gevra om hulle dop te hou wanneer hulle geld trek.

Nadat een van die meisies geld getrek het, het sy haar foon uitgehaal om ‘n boemelaar wat naby op die vloer gelê het op video vas te lê. Sy is deel van ‘n gemeenskapsprojek by haar koshuis waar studente na haweloses omsien.

Terwyl sy besig was met die video-opname, het sy skielik omgedraai toe sy geluide hoor. Twee mans bet haar vriendin oorval terwyl sy geld getrek het. Een makker het die geld uit die kitsbank gegryp.  Hulle het ook haar bankkaart, beursie en selfoon van haar afgeneem. Die student wat besig was met die video-opname, kon daarin slaag om die mans vinnig op video vas te lê en het daarna vinnig die kamera voor by haar bors weggesteek. Sy het begin skree en jong mans in die omgewing het hulle te hulp gesnel, maar was te laat vir die twee rowers wat weggehardloop het. Die meisies is nie in die voorval beseer nie.

Die diefstalsaak is intussen by die bank en by die polisie gerapporteer. Prof. Johann Holm, voorsitter van die Gemeenskap Polisiëring Forum (GPS) sê hulle doen alles in hulle vermoë om die twee diewe vas te trek. Hy raai die gemeenskap aan om soortgelyke voorvalle dadelik by die polisie en by die bank waar so iets plaasvind, te rapporteer.

Related Articles

Back to top button