Voorbrande keer brand naby kinderhuis

‘n Brand wat vroeg Saterdagoggend, 21 Augustus naby die Mooibank informele nedersetting uitgebreek het, is die middag omstreeks 13:00 deur die brandweer gestuit.

‘n Brand wat vroeg Saterdagoggend, 21 Augustus naby die Mooibank informele nedersetting uitgebreek het, is die middag omstreeks 13:00 deur die brandweer gestuit.

Volgens William Maphosa, woordvoerder van die J.B Marks munisipaliteit, was twee brandweervoertuie op die toneel nadat die brandweer ‘n oproep van die publiek ontvang het. “Die voertuie kon nie nader beweeg om die vuur met water te blus nie, omdat daar modderige areas was waarin die voertuie kon vasval. Die brandweer het daarom beheerste brande gemaak om te keer dat die brand buite beheer raak,” sê Maphosa. Na afloop van die brand was die hele blok wat deur grondpaaie omring is, uitgebrand. Die brandweerwaens was op ‘n gereedheidsgrondslag om te keer dat die brand nie te naby die Abraham Kriel Kinderhuis beweeg nie.

Theresa Nortier en die AfriForum-span het ook gehelp. Hulle het twee bakkies met brandbestrydingstoerusting gestuur om die gras by die palissade omheining binne die kinderhuis se terrein nat te spuit. Hulle het sodoende voorkom dat die brand deur die palissade kom. “Ons is so dankbaar vir die gemeenskap se hulp om ons kinders veilig te hou,” sê Annelien Yzelle, onderhoof van die kinderhuis.

Exit mobile version