‘Neem ‘n rasionele besluit’

As jy nog nooit iemand weens Covid-19 verloor het, of nog nie gesien het hoe ‘n Covid-sterfte ‘n familie uitmekaar skeur nie, dan sal jy nooit verstaan hoe ernstig Covid regtig is nie.

As jy nog nooit iemand weens Covid-19 verloor het, of nog nie gesien het hoe ‘n Covid-sterfte ‘n familie uitmekaar skeur nie, dan sal jy nooit verstaan hoe ernstig Covid regtig is nie.
Romeine 8:28-30: Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik. God het ons as die uitverkore volk gekies, die wat hom volg en vertrou en ons geloof in Hom sit. Hy sal ons red deur die antwoord wat voor ons staan.
“God het mense geskep om sy werk wat Hy voltooi het, aan die kruis uit te voer. Dokters om die siekes te genees, prokureurs om jou onskuld te bewys.” Dit is die wyse woorde wat my gerusstel om te weet God is in beheer deur die mense wat Sy werk doen. Die Covid-19 pandemie is niks meer as ‘n geloofsbeproewing vir dié wêreld nie.
Jakobus 2:26: Geloof sonder werke is dood. As jou geloof in Christus gevestig is, sal jy jou nie aan die vals nuus steur wat sê dat dit die merk van die dier is nie. Openbaring sê dat die merk van die dier duidelik die 666 getal op jou voorkop of hand sal wees, nie binneaars in jou arm nie. Jy sal nie aan die snert glo dat jy doodgaan weens die inenting nie. As jy glo jy gaan weens die inenting of Covid-19 sterf, dan het ek net een vraag vir jou. Waar is jou geloof “gelowige”?
William Shakespeare het die woorde gebruik: “All shall fade as time pass.” As dit jou tyd is, is dit jou tyd. Jy kan môre in ‘n motorongeluk of aan ‘n hartaanval sterf.
Toe die Here vir Moses sê: “Gaan sê vir die Farao dat hy die Israeliete moet vrylaat uit ballingskap,” en Moses het nee gesê, sou God aanbeweeg het en die volgende persoon gestuur het om die werk te doen. As Farao geluister het toe Moses namens God gepraat het, sou Egipte nie deur 10 plae gegaan het nie en hy sou nooit sy Seun verloor het nie. As ons nie nou vir God luister nie, hoe hard moet God nog praat? Van ons het alles verloor, van ons byna almal, van ons het onsself in die proses verloor. As jy luister na die stem van God en nie luister soos die stom Farao nie, het ons nie nodig om die pad te stap nie. Farao kon ‘n land red, duisende mense. Jy kan ‘n land red, ‘n wêreldwye pandemie laat eindig deur jou liggaamsweerstand te laat opbou teen die virus. Jy kan oorleef om nog ‘n paar jaar saam met jou geliefdes te spandeer. As ‘n mens vir die persoon vra wat Covid in sy gesin gebring het hoe hy voel, sal jy die vrees hoor dat dit sy skuld sal wees as iemand sterf. Moenie dat jy die een wees wat daardie vrees het dat jy dit dalk kon keer nie. Te danke aan jare se navorsing op HIV/vigs en vorige Covid-variante kon ons deur middel van mRNS repliseer uiteindelik dit regkry sodat mRNS kan kodeer vir dié ensieme wat die Covid-variante kan beveg.
Hosea 4:6: My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis. Omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie. Omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. Die Here stuur al die kennis wat jy nodig het om ‘n rasionele besluit te neem deur ingeënt te word om jou te wys dit is ‘n geloofstoets, maar jy kies steeds om soos die Farao dwaas te wees. ‘n Groot gedeelte van Amerika is ingeënt en daarom kan hulle nader aan ‘n normale lewe kom as waarvoor ons net kan wens. Vir jare ent ons as Suid- Afrika ons babas met siektes wat ons nie eers ken nie, maar ons as grootmense kan nie eers vir ‘n bekende siekte ‘n enkele inenting neem nie. Hou op om so dwaas deur die lewe te gaan, haal jou oogklappe af, kyk rondom jou en sien wat gebeur. Word vandag ‘n held wat kan sê: Fully vaccinated. Red vandag duisende lewens en help om die wêreldwye pandemie te eindig. President Donald Trump se woorde: “Covid is hier, om ons blind te staar en doof te hou gaan niemand baat nie.” Ons moet opstaan, saamstaan as ‘n wêreld wat veg om ‘n lewe vir ons lewensmaat en kinders te bou. Ouer mense het klaar studeer en het ‘n werk. Ons as jong volwassenes moet nog ‘n lewe bou. Moenie die verkeerde een wees wat deur Covid gevat word nie. Jy beteken die wêreld vir ander. Moenie die Farao wees wat duisende kon red, maar weens hardkoppigheid die oorsaak van duisende se dood is.

 

Exit mobile version