NewsNews

Twee sake word ondersoek na voormalige Gimmie se dood

Volgens Myburgh word klagtes van strafbare manslag en dronkbestuur ná dié noodlottige ongeluk ondersoek.

Die skielike dood van Janu Brand (19), voormalige rugbykaptein van Potchefstroom Gimnasium se eerstespan, het die afgelope naweek vir groot hartseer in die gemeenskap gesorg. Janu wat in 2020 aan Gimmies gematrikuleer het, is Saterdag, 10 Julie in ‘n motorongeluk dood.

Dit het ook die lewe van een van die ander passasiers, Janco Moolman, geëis. Twee ander passasiers, Joshua Gerber en Christo Strydom het die ongeluk oorleef. Hulle is beseer en in die hospitaal opgeneem, maar is hierdie week ontslaan.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die ongeluk op die R504 tussen Wolmaransstad en Schweizer-Reneke gebeur. Sy het bevestig dat ‘n vragmotor met twee sleepwaens ook in die ongeluk betrokke was.

Janu Brand in aksie vir die North-West Barbarians span in Dubai in 2019. Foto: Verskaf

“Die Toyota Club-Cab het teen die kant van die sleepwa vasgery, maar die bestuurder van die motor en die passasier agter die bestuurder het oorleef. Albei passasiers aan die linkerkant van die Toyota (Janu en Janco) is oorlede. Die bestuurder van die vragmotor het nie beserings opgedoen nie,” sê Myburgh.

Volgens Myburgh word klagtes van strafbare manslag en dronkbestuur ná dié noodlottige ongeluk ondersoek. Janu is van Schweizer-Reneke afkomstig en was ook die hoofseun van Laerskool Schweizer-Reneke in 2015. Janco was hoofseun van dieselfde skool in 2018 en het aan Hoërskool Sentraal in Bloemfontein skoolgegaan.

Janu was een van die gewildste leerders in Gimmies se klas van 2020 en was ook die hoofseun van Brandwag Seunskoshuis.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/89850/voormalige-gimmie-rugbykaptein-in-motorongeluk-oorlede/

 

Janu is in 2020 as Mnr. Gimmies gekroon. Hy laat ‘n groot leemte in die gemeenskap. Foto: Andrea Visser

Hy was 2020 se Mnr. Gimmies en het veral in atletiek (verspring) en in sewesrugby uitgeblink. “Janu was een van die sterre wat die Northwest Barabrians 7’s tydens die 2019 Dubai International Sevens-toernooi verteenwoordig het. “Janu, ons sal jou nooit vergeet nie,” het die Northwest Barbarians 7’s op hulle Facebookblad gedeel.

Related Articles

Back to top button