Plaaslike kunstenaars word genooi om aan uitstalling deel te neem

Die Potchefstroom Kunsvereniging nooi plaaslike kunstenaars om deel te neem aan ‘n kunsuitstalling met die tema, Misterie, wat van 25 Augustus tot 27 September by die Snowflake-gebou uitgestal sal word.

Die Potchefstroom Kunsvereniging nooi plaaslike kunstenaars om deel te neem aan ‘n kunsuitstalling met die tema, Misterie, wat van 25 Augustus tot 27 September by die Snowflake-gebou uitgestal sal word.

Misterie is ‘n konsep waaroor al baie gefilosofeer is. Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal definieër misterie as: “Iets onbegrypliks waarvoor geen verklaring gevind kan word nie, ‘n geheimenis.” Maar misterie is baie meer kompleks en word nie net in raaiselagtigheid en geheimenis vasgevang nie. Daar is beslis elemente van emosie wat daarmee gepaard gaan.

Skildery deur Potchefstroomse skilder Marna de Wet. Foto: Verskaf

Misterie is ‘n konsep wat nie net in die kuns nie, maar ook in die wetenskap voorkom. Een van die grootste wetenskaplikes van die twintigste eeu, Albert Einstein, beskryf misterie as die mooiste iets wat mens kan beleef: “The most beautiful thing we can experience is the mysterious. It is the source of all true art and science. He to whom the emotion is a stranger, who can no longer pause to wonder and stand wrapped in awe, is as good as dead – his eyes are closed.”

Kunstenaars word genooi om ‘n maksimum van vier werke in te skryf wat die tema van misterie uitbeeld. Werke in enige medium word aanvaar. Kunstenaars wat groot skilderye wil inskryf, mag slegs twee werke inskryf wat groter as 60 x 60 cm is. Die ander twee werke mag dan nie groter as 42 x 42 cm wees nie. Kunswerke moet Maandag, 23 Augustus by die Snowflake-gebou ingehandig word.

Vir meer besonderhede rondom die uitstalling of enige navrae, stuur ‘n e-pos aan potchkuns@gmail.com.

 

Exit mobile version