CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Ysige weer is Woensdag hier

Inwoners moet solank voorbereidings tref om hul plante en diere teen die koue te beskerm, want Woensdag sal die kwik onder vriespunt daal.

Inwoners moet solank voorbereidings tref om hul plante en diere teen die koue te beskerm, want Woensdag sal die kwik onder vriespunt daal.

Vandag is die laaste dag wat die minimum temperatuur bo 5° sal draai. Volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens sal die temperatuur in Potchefstroom Dinsdagoggend (13 Julie) daal na 1° terwyl Woensdag se minimum temperatuur ‘n ysige -4° sal wees.  Vanaf Donderdag styg die minimum en maksimum temperatuur elke dag met 1°.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens word die volgende minimum en maksimum temperature vir die res van die week in Potchefstroom só voorspel:

  • Dinsdag (13 Julie) – minimum 1° en maksimum 10°
  • Woensdag (14 Julie) – minimum -4° en maksimum 13°
  • Donderdag (15 Julie) – minimum 0° en maksimum 15°
  • Vrydag (16 Julie) – minimum 1° en maksimum 16°
  • Saterdag (17 Julie) – minimum 2° en maksimum 17°
  • Sondag (18 Julie) – minimum 3° en maksimum 18°

In Ventersdorp sal die kwik ook onder vriespunt daal. Die Weerdiens voorspel die volgende temperature vir die res van die week in Ventersdorp as volg:

  • Dinsdag (13 Julie) – minimum 1° en maksimum 11°
  • Woensdag (14 Julie) – minimum -4° en maksimum 14°
  • Donderdag (15 Julie) – minimum 0° en maksimum 15°
  • Vrydag (16 Julie) – minimum 1° en maksimum 16°
  • Saterdag (17 Julie) – minimum 2° en maksimum 17°
  • Sondag (18 Julie) – minimum 3° en maksimum 19°

Related Articles

Back to top button