NewsNews

Voormalige Gimmie rugbykaptein in motorongeluk oorlede

Die 19-jarige Brand was ook die Brandwag koshuishoofseun in 2020 en was een van Gimmies se top leerders.

Die voormalige Potchefstroom Gimnasium rugbykaptein van 2020, Janu Brand, is gisteraand (Saterdag, 10 Julie) in ‘n motorongeluk oorlede.
 
Die skool het vanoggend die nuus op hulle Facebookblad gedeel dat Brand saam met drie ander seuns in die ongeluk betrokke was. Die ongeluk het op die R504 tussen Wolmaranstad en Schweizer-Reneke gebeur.
 
Janu Brand is op Saterdag, 10 Julie in ‘n motorongeluk oorlede.
 
Die ander oorlede is Janco Moolman, ook ‘n voormalige hoofseun van Laerskool Schweizer-Reneke. Joshua Gerber en Christo Strydom was ook deel van die ongeluk maar sterk tans aan. 
 
 
Janu Brand (19) was ‘n top rugbyspeler en Gimmies se eerstespan kaptein van 2020.
 
Die 19-jarige Brand was ook die Brandwag koshuishoofseun in 2020 en was een van Gimmies se top leerders.
Potchefstroom Gimnasium het die volgende op sosiale media rondom die ongeluk gedeel:
 
“Ons as skool dra die Brand-familie in ons gebede en vertrou dat die Here vir hulle troos en vrede in hierdie moeilike tyd sal bring. Baie sterkte aan die ander familie wat ook ‘n seun verloor het. Sterkte aan die ander twee seuns wat ook in die ongeluk betrokke was.”
 
Hou www.potchefstroomherald.co.za dop vir verdere inligting.
 
 
 

Related Articles

Back to top button