AdvertorialNewsNews

‘n Nuwe gesig met dieselfde puik oogkundige diens

“Ons wil die versekering vir getroue kliënte skep dat hulle dieselfde puik diens sal ontvang, maar met ‘n nuwe gesig wat hulle vriendelik sal bedien,”

Alle oë is op Torga Optical in die Mooirivier Mall wat vanaf 1 April ‘n nuwe baadjie aangetrek het met ‘n nuwe bestuur aan stuur van sake.

Jacoline Lourens (eienaar en oogkundige) en haar bekwame span, Mariska Wouters (takbestuurder) en Estie Wilmans (assistent) is doelgerig om steeds puik kwaliteit diens en produkte met ‘n vars aanslag te lewer.

Die amptelike oorhandiging van die nuwe bestuur is Woensdag, 31 Maart in die Mooirivier Mall met ‘n gesellige funksie gedoen. Foto: Venessa van der Westhuizen

Lourens is al sedert 2010 ‘n oogkundige en werk vanaf 2012 by Torga Optical. Sy het die Matlosana Mall-tak in Klerksdorp in 2014 oopgemaak. Sy neem oor by Elna Grobler, die voormalige eienaar van Torga Optical in die Mooirivier Mall, wat afgetree het.  

Met die eerste oogopslag is daar ‘n sprankel in Lourens se oë wanneer sy van die nuwe hoofstuk in Torga Optical se geskiedenis vertel.

Een van Lourens se hoofdoelwitte is om ‘n atmosfeer te skep waar elke kliënt kan tuis voel en persoonlike aandag geniet. “Ons sien elke kliënt as spesiaal en wil almal se individuele behoeftes bepaal en bevredig. Ons verskaf persoonlike diens met Torga Optical wat ook self lense ontwerp en maak, veral multi-fokale lense,” verduidelik Lourens hulle benadering.

Elna Grobler, voormalige eienaar van Torga Optical in Mooirivier Mall, saam met Jacoline Lourens, die nuwe eienaar van Torga Optical in Mooiriver Mall. Foto: Verskaf

Torga Optical bied onder andere oogtoetse sowel as ‘n verskeidenheid enkelvisie- en multifokale brille wat met die nuutste Duitse tegnologie vervaardig word.

Mariska Wouters, Estie Wilmans en Jacoline Lourens vorm deel van die nuwe bestuur by Torga Optical in die Mooirivier Mall. Foto: Verskaf

“Ons wil die versekering vir getroue kliënte skep dat hulle dieselfde puik diens sal ontvang, maar met ‘n nuwe gesig wat hulle vriendelik sal bedien,” sê Lourens.

Related Articles

Back to top button