CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Misverstand met deposito-gelde vir registrasie by Promosa Sekondêr

‘n Ouer het op die Herald se Facebookblad het gekla dat ouers by Promosa Sekondêr ‘n registrasiedeposito van R50 vir hulle kinders moet betaal, terwyl dit deur die wet verbied word.

‘n Ouer wie se kind by Promosa Sekondêr ingeskryf is, het op die Herald se Facebookblad gekla dat ouers ‘n deposito van R50 vir hulle kinders moet betaal om te registreer. Volgens die ouer word leerlinge ook by die skool gedreig dat indien hulle teen die einde van die termyn nie hulle deposito’s betaal nie, hulle nie hulle rapporte sal kry nie.

Volgens wetgewing mag skole nie deposito’s van leerlinge vereis nie en mag rapporte ook nie weens finansiële redes teruggehou word nie.

Die Herald het Vionne Ferris, die hoof van Promosa Sekondêr, oor hierdie aantygings genader. Sy het ontken dat leerlinge gedreig word en het gesê die R50 deposito waarvan die ouer praat nie ‘n deposito vir registrasie is nie, maar ‘n donasie wat die skool van die ouers gevra het na die inperkingsperiode omdat die skool finansieel swaarkry. Sy het beklemtoon dat die donasies nie verpligtend is nie en dat dit aangewend word om tekorte aan te vul.

“Die registrasie het te doen met kinders wat nog nie hulle registrasievorms volledig voltooi het nie,” sê Ferris. Sy sê baie leerlinge se registrasievorms bevat nie die persoonlike besonderhede en kontaknommers van die ouers en pleegouers nie. Hierdie is belangrike inligting wat die onderwysdepartement vereis en wat die skool nodig het in geval van nood. “Die skool wil hulle administrasie op datum kry en het gevra dat kinders wie se besonderhede nie beskikbaar is nie, moet herregistreer,” sê Ferris.

Related Articles

Back to top button