Neem deel aan dié kunsuitstalling

Die Potchefstroom Kunsvereniging nooi kunstenaars van Potchefstroom en omgewing om deel te neem aan ‘n kunsuitstalling wat van 20 April tot 31 Mei in die Snowflake-gebou uitgestal sal word.

Die Potchefstroom Kunsvereniging nooi kunstenaars van Potchefstroom en omgewing om deel te neem aan ‘n kunsuitstalling wat van 20 April tot 31 Mei in die Snowflake-gebou uitgestal sal word.

Die titel van die uitstalling is  “Verby ingeboks” en sinspeel op die feit dat hoewel daar ‘n beperking op die grootte van ‘n skildery is dit nie noodwendig die kunstenaars se kreatiwiteit inperk nie.

Die enigste vereiste van dié uitstalling is dus dat die skilderye ongeraam moet wees en elk  24cm x 24cm groot moet wees. Skilderdoek van hierdie grootte is by Raamhoekie beskikbaar terwyl skilderbord by Habitat beskikbaar is. Verder word daar word geen beperking op tema, medium of tegniek geplaas nie. Kunstenaars kan ‘n maksimum van vier skilderye inskryf.

Die inskrywingsfooi per kunswerk is R20 per kunswerk indien ‘n kunstenaar nie lid van die kunsvereniging is nie en  R10 per kunswerk indien kunstenaars wel lid van die vereniging is. Geen kommissie word op verkoopte werke verhaal nie.

Werke word ingeskryf op Maandag 19 April van 7:30 – 9:30 by die Recharge Koffiewinkel by die Snowflake-gebou. Daar sal ‘n openingsgeleentheid wees op Dinsdag 20 April om 18:00. Vir navrae, kontak Venessa van der Westhuizen by potchkuns@gmail.com.

Exit mobile version