CommunityEntertainmentNewsNewsPhoto Galleries

Gesogde Molen Kórus hou oudisies

Koorlede van Molen Kórus wil na maande se stilte, weer hulle stemme laat hoor en wil graag jóú stem ook hoor!

Koorlede van Molen Kórus wil na maande se stilte, weer hulle stemme laat hoor en wil graag jóú stem ook hoor! Die koor vier hierdie jaar sy tiende verjaardag en sien daarna uit om nuwe lede in hierdie historiese jaar te verwelkom. Indien jy in die Potchefstroom-omgewing woon, ‘n nagraadse student of werkende is en graag deel van hierdie besonderse koor wil word, moenie hierdie geleentheid mis nie.

Daar is twee oudisiegeleenthede – Dinsdag, 16 en 23 Maart vanaf 18:00. Om ‘n afspraak te maak vir ‘n oudisie, skakel Christel by 082 566 4229 of stuur ‘n e-pos aan molenkorus@gmail.com. Die plek van die oudisies word met die afspraak bevestig.

Die koor, onder leiding van die bekwame Kobus Venter en Loretté du Toit, het in 2011 ontstaan toe ‘n groep oud-Pukkoorlede besluit het dat hulle graag nog ‘n platform wou hê om hul sangtalent met plaaslike gehore te deel. Die koor het toe sy naam gekry by die bekende Molenstraat in die hartjie van Potchefstroom waar die koor weekliks oefen. Molen Kórus bestaan hoofsaaklik uit nagraadse studente en werkende individue met uiteenlopende belangstellings. Tog het die koorlede almal een ding in gemeen – ‘n liefde vir hoë gehalte koorsang. Die koor streef daarna om ‘n baie hoë musikale-en tegniese standaard te handhaaf, en lede word gekies ten einde hierdie doelwitte te behaal.

Hoewel Molen Kórus bekend is onder Potchefstromers, het die koor ook al nasionale en internasionale gehore met hul unieke klank bekoor. In 2015 is die koor as die wenners in die kategorie vir kamerkore asook as algehele wenners van die ATKV Internasionale Animato koorwedstryd aangewys. Die koor het ook reeds aan verskeie Aardklopproduksies deelgeneem en het in 2015 ‘n CD-opname met van Awie van Wyk se mees bekende komposisies vrygestel. Hulle het ook die digter T.T. Cloete se Psalmomdigtings vir die klankbaan van sy DVD opgeneem. Verder het die koor in 2018 goue toekennings in al drie hul kategorieë (ope-kategorie afdeling) by die Interkultuur Wêreldkoorspele in Pretoria verower en is ook telkens as kategoriewenners bekroon.

Related Articles

Back to top button