CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Wurms in water

‘n Inwoner van Hillside View, Deel 2, Seun Williams, was gister geskok toe hy sy emmer water by die gemeenskapskraan vol water maak en ‘n lang rooi wurm daarin ontdek.

‘n Inwoner van Hillside View, Deel 2, Seun Williams, was gister geskok toe hy sy emmer water by die gemeenskapskraan vol water maak en ‘n lang rooi wurm daarin ontdek. Daar is tans 134 inwoners in Hillside View wat uit nege gemeenskapskrane water na hulle huise toe moet aandra.

Die munisipaliteit het amptelik in Desember 2019 erwe in hierdie informele nedersetting langs die Promosa-begraafplaas toegeken. Hierdie nedersetting beskik nie oor enige rioolsisteem nie en water word na die krane toe herlei via ‘n brandkraan wat in die begraafplaas geleë is. Izak Kleinhaans, voorsitter van die diensleweringskomitee van Hillside View sê die water van die brandkraan is van ‘n reservoir afkomstig.

Izak Kleinhaans by die brandkraan in die begraafplaas waar die gemeenskap van Mountain View hulle water kry. Foto: Venessa van der Westhuizen

Inwoners van Promosa het Adélle Jerling, voorsitter van die JB Marks Consumer and Ratepayers Association, gister gekontak waarna sy dit op die Facebookblad van Dear Mayor gedeel het.

Terwyl die Herald gister Hillside View besoek het, het ‘n werknemer van die munisipaliteit se tegniese dienste-afdeling geskakel en dadelik gereël dat ‘n werknemer van water en sanitasie ‘n watermonster neem.

Kleinhaans het gesê die werknemer van water en sanitasie het gesê hulle gaan die brandkraan in die begraafplaas skoonspoel (flush).

Die Herald het aan die mediawoordvoerder van die munisipaliteit, William Maphosa, ‘n navraag gestuur om te hoor of hulle bewus is van die probleem en wat die munisipaliteit daaraan gaan doen, maar ons het teen saktyd nog geen terugvoer ontvang nie.

Jerling het ook gesê dat inwoners in Sarafina en Uitbreiding-7 oor wurms in hulle water kla.

Related Articles

Back to top button