CommunityEntertainmentNewsNewsPhoto Galleries

Nuwe vlooimark by Trimpark

'n Vlooimark, wat hierdie naweek by die Trimpark aangebied word, bied aan informele handelaars die geleentheid om besigheid te doen.

Die grendeltyd van die afgelope paar maande het talle kunsvlyters, kunstenaars en kleinsake-ondernemings in ‘n verlammende wurggreep gehad. Waar hierdie informele handelaars in die verlede deur die jaar talle geleenthede gekry het om hul ware te verkoop, het die pandemie oornag ‘n einde daaraan gemaak.

Christelle Botha, ‘n oud-Potchefstromer en sakevrou, het besef dat die stad nou ‘n ekonomiese inspuiting nodig het en dat ‘n vlooimark net die regte medisyne is. Die vlooimark sal in samewerking met die Departement van Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling en Munisipale Dienste van die J.B. Marks Munisipaliteit voorlopig elke tweede naweek aangebied word.

Die goeie nuus is dat die eerste vlooimark reeds Saterdag, 5 Desember en Sondag, 6 Desember by die Trimpark gehou word. Vanaf 09:00 tot 17:00 sal die publiek op beide dae die geleentheid kry om enigiets onder die son, wat natuurlik in goeie smaak is, te kom verkoop. Talle uitstalllers wat kunsvlyt, speelgoed, klere, kunswerke en vele meer verkoop, het reeds aangedui dat hulle graag deel van die vlooimark wil wees.

Die vlooimark bied ook aan mense die ideale geleentheid om die oortollige goed in hul huis in kontant te omskep. Al wat belangstellendes moet doen, is om die hooforganiseerder van die vlooimark, Christelle Botha by 072 449 1005 te kontak. Met Kersfees om die draai word alle Potchefstromers genooi om by hierdie kuiermark te kom snuffel vir unieke en bekostigbare Kersgeskenke.

Vir die hongeres onder ons sal daar talle kosstalletjies met heerlike eetgoed wees. Heerlike vermaak sal aan die kinders verskaf word. ‘n Stalletjie van drie vierkante meter op Saterdag, 5 Desember kos R200. Indien uitstallers op beide Saterdag en Sondag wil uitstal, kry hulle hul stalletjie teen ‘n spesiale afslagprys van R300.

Uitstallers moet hul eie gazebo, tafels en stoele bring. Daar is ook onderdakstalletjies in die Trimpark-saal beskikbaar teen R250 vir die Saterdag en R350 vir die Saterdag en die Sondag. Vir meer inligting kontak Christelle by 072 449 1005.

nwu afr

Related Articles

 
Back to top button