NewsNews

Gruwelplaas verhoor begin

Thandi Modise, speaker in die parlement, se verhoor op ses aanklagte van dieremishandeling en -verwaarlosing het Dinsdag in die streekhof in Potchefstroom begin.

Thandi Modise, speaker in die parlement, se verhoor op ses aanklagte van dieremishandeling en -verwaarlosing het Dinsdag in die streekhof in Potchefstroom begin. Sy ontken skuld op alle aanklagte.
AfriForum vervolg haar privaat namens die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsvereniging (NRDBV) nadat die nasionale vervolgingsgesag besluit het om haar nie te vervolg nie, glo weens ’n gebrek aan bewyse.
Modise het vroeër beweer sy was nie bewus van die toestande en erge dierelyding op haar plaas toe die NRDBV op 5 Julie 2014 daar opgedaag en die haglike omstandighede aangetref het nie. Sy sê haar plaasbestuurder moes na die diere omsien.

Die Die NDBV het dit, die plaas van gruwels bestempel. Ten tyde van die voorval was Modise die Premier van die Noordwes gewees. Die Herald wat een van die eerste publikasies was wat oor die voorval berig het, se redakteur is Woensdagoggend as ‘n getuie opgeroep. Wetdewich wat in 2014 nog ‘n algemene verslaggewer was, het verskeie fotos geneem wat dooie diere in verskeie stadiums van ontbinding wys.

Netwerk24 berig dat Grace de Lange, senior inspekteur by die DBV, getuig het dat sy gesien het hoe uitgehongerde varke ‘n pasgebore vark opvreet. Luidens die klagstaat is meer as 224 diere uitgesit.

Dr. Sameer Abbas het ook Woensdag begin getuig.

Die verhoor duur voort.

Related Articles

 
Back to top button