CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Veselaanleg weer op die been na onderhandeling met plaaslike kontrakteurs

Die Vumatel-veselaanleg waarby Britelink betrokke is, is op 2 November deur die plaaslike kontrakteurs tot stilstand gebring, maar na uitgebreide onderhandelings is werksaamhede weer op Woensdag, 18 November, hervat.

Die Vumatel-veselaanleg waarby Britelink betrokke is, is op 2 November deur die plaaslike kontrakteurs tot stilstand gebring, maar na uitgebreide onderhandelings is werksaamhede weer op Woensdag, 18 November, hervat.

Twee plaaslike kontrakteurs, Stephen Tsebela en Vincent Johnson, het namens die plaaslike KMMO’s (klein, medium en mikro ondernemings) onderhandel. Hulle het ooreengekom dat slegs plaaslike kontrakteurs, teen R60 per meter, gate mag grawe en na die tyd die gate moet toemaak. Buitekontrakteurs mag slegs die kabels lê en al die herstelwerk doen.

Danie Marais, areabestuurder van Britelink, sê dat hulle glad nie met die uitkoms van die onderhandeling tevrede is nie. “Behalwe dat ons werk vir twee en ’n halwe week vertraag is, is daar ook ekstra finansiële onkostes omdat ons die plaaslike kontrakteurs nou R5 ekstra per meter moet betaal.”

Marais sê dit het ’n rimpeleffek wat veroorsaak dat die veselaanleg in Potchefstroom nie betyds voltooi kan word soos aanvanklik beplan is nie. “Teen die huidige spoed wat daar gewerk word, voorspel ons dat die projek eers einde Januarie 2021 voltooi sal word.

Vanaf 15 Desember word siviele werke nie toegelaat nie en moet alle opgrawings vir die feesseisoen toegemaak wees. Ons doen ons bes om die agterstand in te haal,” sê Marais. Volgens hom kan Grimbeeck Park, Miederpark en die suidelike deel van Potchefstroom teen die middel van Desember reeds toegang tot die veselnetwerk hê indien alles volgens plan verloop.

Inwoners wat graag toegang tot die veselnetwerk wil hê, kan Vumatel se webwerf by https://vumatel.co.za/ besoek.    

nwu afr

Related Articles

 
Back to top button