CommunityLifestyleNewsNewsPhoto Galleries

Laaste Van Rooy-kosmark vir 2020

Hierdie Sondag, 29 November is dit die laaste keer vir inwoners om ‘n draai by die gewilde Van Rooy-kosmark (Piet  Bosmanstraat) te maak.

Hierdie Sondag, 29 November is dit die laaste keer vir inwoners om ‘n draai by die gewilde Van Rooy-kosmark in Piet  Bosmanstraat te maak.

Toegang is gratis en markorganiseerders nooi alle dorstiges om van 10:00-15:00 om te kom proe aan bloedlemoen jenewer, boetiekbier en -wyne tot mampoerysies. Vir smulpape is daar te kies en te keur met al die geregte op die spyskaart – van outydse lewerkoekies en tradisionele skaapafval tot Maleise lamskerrie, beesstert met stampmielies en hamburgers.

Kersfees is om die draai daarom is dit die ideale plek om tussen die  oudhede en kunshandwerk te snuffel vir daardie ideale Kersgeskenke. ʼn Hele paar nuwe kattebakverkopers (car boot dealers) is deel van die mark.

Ondersteun ook Equilibria-entrepreneurs wat hul eiesoortige vermaak en kosprodukte hier bekendstel. Vir die kinders is daar ook hope vermaak – poppekas, gesigverf, speletjies en ʼn springkasteel. Die volgende mark sal weer op 31 Januarie 2021 plaasvind.

Vir navrae rondom stalletjies, kontak Tania by 079 918 2092 of stuur ‘n epos na hullabaloo.decorhire@gmail.com.

Related Articles

 
Back to top button