CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Help die polisie om dié grypdiewe vas te trek

Die polisie versoek twee motoriste wat onlangs die teiken van ‘n poging tot diefstal was (sien ingelaste foto’s), om hulle te kontak in ‘n poging om die vermeende grypdiewe vas te trek.

Die polisie versoek twee motoriste, wat onlangs die teiken van ‘n poging tot diefstal was (sien foto’s), om hulle te kontak in ‘n poging om die vermeende grypdiewe vas te trek.

Die polisie ondersoek tans ‘n saak  waar grypdiewe motoriste op die hoek van Sol Plaatjie- en James Morokastraat teister. Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, is die tipiese modus operandi dat een persoon die bestuurder se aandag aftrek, terwyl ‘n ander persoon aan die deurhandvatsels pluk. Motoriste wie se deure nie gesluit is nie, se deure word oopgepluk en goedere en handsakke word uit die voertuie gesteel. “Ons wil graag hê die bestuurders van die twee voertuie op die foto’s op Herald se voorblad moet na vore kom en bereid wees om ‘n verklaring af te lê.

‘n Saak word ondersoek en die verdagtes is reeds aan die polisie bekend,” sê Myburgh. Sy sê in albei voorvalle was die grypdiewe onsuksesvol in hulle poging om die deure oop te kry, maar met getuies wat bereid sal wees om ‘n verklaring af te lê, sal dit die saak versterk om die verdagtes uiteindelik vas te trek.

Volgens die polisie was die wit motor op 5 November omstreeks 14:30 by die voorval betrokke. Die voorval met die blou bakkie het op 10 November om 10:30 plaasgevind. Die bestuurders van die voertuie word gevra om die ondersoekbeampte, ao. Ronnie Gerber by 082 773 0851 te skakel.

Die Herald het al verskeie kere verslag gedoen oor inwoners wat in die sentrale deel van die stad, (veral James Moroka- en Sol Plaatjiestraat) onder grypdiewe deurloop. In Julie 2018 het Wandré Cronjé wat by Musikland gewerk het, gesê hy moet daagliks toekyk hoe misdadigers handsakke of selfone gryp. Hy het ook vertel dat grypdiewe motordeure oopruk en gryp wat hulle kan, voordat hulle in die taxistaanplek verdwyn.

Die polisie versoek dié bestuurder van die wit motor wat op 5 November die teiken van dié grypdiewe was, om hulle te kontak.

Grypdiewe het voorheen een keer per maand toegeslaan, maar in 2018 het diefstalle só toegeneem dat inwoners twee tot drie keer per dag beroof is. In Oktober 2019 is ‘n besoeker van Pretoria ook deur drie verdagtes met ‘n mes aangeval, waarna hy homself verdedig het. Hy het een van die aanvallers in die rug geskiet. Die verdagte wat geskiet is, is met ‘n ambulans na Potchefstroom Hospitaal geneem. nwu afr

Related Articles

 
Back to top button