CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Brandweer beïndruk met flink en vriendelike diens

Potchefstroomse inwoners is baie beïndruk met die flink en vriendelike diens van die brandweer wat gesorg het dat paaie in Potchefstroom die afgelope twee maande toeganklik bly.

Potchefstroomse inwoners is baie beïndruk met die flink en vriendelike diens van die brandweer wat gesorg het dat paaie in Potchefstroom die afgelope twee maande toeganklik bly. Met reëns het swaar wind gereeld bome in paaie omgewaai. Donker aande het hulle nie eens gekeer om dadelik hulp te verleen en groot bome wat paaie versper op te saag en uit die weg te ruim nie.

Die brandweer het ‘n groot denneboom na ‘n storm in ‘n japtrap opgesny en verwyder. Foto: Verskaf

Leon Brummelkamp het aan die Herald geskryf dat ʼn groot denneboom op 18 November om 20:00 groot skade in Peplerstraat veroorsaak het. Hy vertel dat die boom reg in die pad geval het en in die donker ongelukke kon veroorsaak. “Ek het aanvanklik gebel dat hulle padtekens naby die boom moet plaas om motoriste te waarsku, maar binne 15 minute was hulle daar en om die boom op te saag en die stukke uit die pad te verwyder. Hulle was baie vriendelik en behulpsaam.” Brummelkamp het selfs hulle name geneem om hulle persoonlik te bedank: “Menige dank aan Alma Hattingh, Barry Kearney, Adelino Paulino, Norman Monyemore, Masoso Lebepe,  Lisa Motlhaoleng en selfs aan die vriendelike personeel by die ontvangskamer, Baby Pheto en Boitumelo Moleleki.” ʼn Ander inwoner, Cilliers van Zyl, het ʼn week tevore ook ʼn brief en foto’s aan die Herald gestuur om die brandweer te bedank vir hulle flink diens. Hulle het ʼn boom in Baillie Park in ʼn japtrap opgesaag en uit die pad verwyder. nwu afr

Related Articles

 
Back to top button