CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Bejaarde vrou se verkragter lewenslank gevonnis

'n Ses-en-twintig-jarige is Dinsdag, 17 November lewenslank gevonnis vir die verkragting van ‘n bejaarde vrou (76).

Reabaka Alphius Baikepi (26) is Dinsdag, 17 November lewenslank gevonnis vir die verkragting van ‘n bejaarde vrou (76).

Lt. kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het bevestig dat die voorval in April 2017 in die Selosesha-deel van Morokweng, ʼn klein dorpie 140km Noordwes van Vrybrug plaasgevind het. Funani sê die slagoffer was alleen en het geslaap toe Baikepi ʼn venster gebreek het om by haar woonplek in te kom.

Terwyl hy haar verkrag het, het hy sy hande oor haar mond gehou om te keer dat iemand haar kon hoor skree. Daarna het hy die vrou in haar kamer toegesluit voordat hy van die toneel gevlug het.

Baikepi is eers amper twee jaar later, op 5 Januarie 2019, by sy huis in Morokweng, gearresteer en was in aanhouding totdat die saak in die hof voorgekom het. Die vonnisoplegging het in die streekshof in Ganyesa ,70 km Noordwes van Vryburg, plaasgevind. Die beskuldigde is op grond van DNS-bewyse skuldig bevind.

Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Sello Kwena, het die swaar straf wat aan Baikepi opgelê is, verwelkom en het die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) geprys vir hulle vasberadenheid om die beskuldigde vas te trek.

Hy het verder gesê misdaad teen vrouens en kinders is vir die polisie baie ernstig en dat die vonnis as waarskuwing vir al die kriminele daar buite moet dien.

nwu afr

Related Articles

 
Back to top button