CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Beskuldigdes in Willemse-moordsaak verskyn weer

Die drie sibbes - Meriam, Petrus en Andries Mahlapa – wat vir die moord op Sias Willemse in hegtenis geneem is, het vanoggend vlugtig in die Potchefstroomse landdroshof verskyn.

Die drie sibbes wat vir die moord op Sias Willemse aangekla is, het vanoggend (16 November) vlugtig in die Potchefstroomse landdroshof verskyn. Die hofsaak is op aanvraag van die staatsaanklaer na Woensdag, 2 Desember uitgestel om verdere ondersoeke af te handel.

Meriam, Petrus en Andries Mahlapa word daarvan beskuldig dat hulel vir Sias Willemse op 22 September vermoor het. Hy is dood in sy studeerkamer aangetref met ʼn skietwond in sy keel. Daar was ook drie dasse om sy nek gebind waarmee die aanvallers hom vermoedelik probeer verwurg het. Drie vyf liter roomysbakke vol R5 munte is uit hulle kluis gesteel. Die Mahlapa’s word ook vir, huisroof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie aangekla.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het twee van die verdagtes reeds erkennings en uitwysings gemaak. Beeldmateriaal van sekuriteitskamera’s op die dag van Willemse se moord, word ook ondersoek.

Volgens Tobianna Willemse, Sias se vrou, was Petrus Mahlapa in die verlede ʼn werknemer van haar man en het hy ook vir ʼn paar maande vir Stephan Willemse, Sias se broerskind, op die naburige plaas gewerk. Petrus was beter bekend as “Boontjie”. Hy het reeds as tiener op die geboorteplaas gewerk en vir ekstra sakgeld gras gesny. Boontjie het geweet waar die Willemse se huis in Potchefstroom is, omdat hy saam met ander plaaswerkers sommige Saterdae ook die gras by hulle huis in Potchefstroom gesny het.

Met die tweede hofverskyning het die Mahlapa’s borgtog van die hand gewys. Lede van verskeie politieke partye en organisasies in Potchefstroom het aan ʼn vreedsame optog voor die hofgebou deelgeneem.

In ‘n gesamentlike persverklaring van Afriforum, Agri NW, DA, SAAI, TLU SA en die Vryheidsfront Plus het hulle hul frustrasies uitgespreek en gesê die huidige situasie kan nie so aangaan nie: “Die roekelose en ongefundeerde uitlatings van sekere politici, die naïewe en onnadenkende optrede van die gefrustreerde publiek, maar ook die kwaadwillige en doelbewuste aanhitsing deur grootpraters het die vlam baie naby die kruitvat gebring,” het die verklaring gelui.

nwu afr

Related Articles

 
Back to top button