CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Ou handsakke bring troos

‘n Barmhartige Samaritaan wat haar beywer om GKS-polisie-eenhede in die Noordwes te ondersteun, het met ‘n handsak-projek begin om mishandelde vrouens en verkragtingslagoffers in die Kersseisoen hoop te gee.

‘n Barmhartige Samaritaan wat haar beywer om GKS-polisie-eenhede in die Noordwes te ondersteun, het met ‘n handsak-projek begin om mishandelde vrouens en verkragtingslagoffers in die Kersseisoen hoop te gee.

Die polisie se GKS-eenhede is daar om slagoffers van gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe te beskerm. Elmarie van der Merwe vra dat vrouens hulle eens-geliefde handsakke wat nie meer gebruik word nie, sal skenk om vrouens bietjie menswaardigheid te gee. “Vrouens wat slagoffers van gesinsgeweld en verkragtig is, het geen menswaardigheid of hoop nie. Dié geskenk is ‘n liefdesgebaar en wys dat hulle belangrik is en dat daar mense is wat omgee,” sê sy.

Skenkers kan die ou handsakke met die nodige toiletware vul wat ‘n kosbare geskenk is vir ‘n verkragte of mishandelde vrou. Plaas ‘n tandeborsel en tandepasta, seep en waslap, klein handdoek, vaseline, deodorant, snesies, sanitêre doekies, ‘n lekkerny en ‘n pakkie kitssop binne die handsak.

Elmarie lewer die handsakke aan 13 GKS-eenhede in die Noordwes provinsie. Skenkers wat net handsakke of toiletware wil skenk, is ook welkom. Die handsakke en/of toiletware kan by haar huis in Oliver Tambostraat 100, afgelewer word. Sy is selfs bereid om die handsakke by skenkers op te laai.

Handsakke moet teen Vrydag, 27 November afgegee word omdat sy beplan om dit aan die begin van Desember aan al die eenhede te versprei. Skakel Elmarie by 060 967 3959 / 071 647 1791 vir navrae of reëlings om dit op te laai.

nwu afr

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button