AdvertorialLifestyleNewsSponsored

Perfekte balans tussen sport en natuurskoon

Die Likkewaan, Tarentaal, Vlakvark, Rooikat en Koedoe - almal name van roetes en ook inwoners van die bloedjong Koedoeslaagte Trail Park & Venue.

Die Likkewaan, Tarentaal, Vlakvark, Rooikat en Koedoe – almal name van roetes en ook inwoners van die bloedjong Koedoeslaagte Trail Park & Venue.
Roei, hardloop, stap of trap, of miskien wil jy net die natuurskoon kom bewonder. Alles kan jy op Koedeslaagte kom ervaar. Koedoeslaagte Trail Park is ’n natuurreservaat/avontuurpark in die middel van die prehistoriese Vredefort krater, wat regstaan om jou sintuie te oorrompel. Die plaas spog met 26 kilometer se paadjies. Die paadjies is oor maande heen en met groot sorg uitgekerf teen die berghange en die slingerpaadjies langs die Vaal beloof om jou na die paradys weg te voer.

Hoewel Koedoeslaagte Trail Park op Saterdag oop is vir die publiek, word die park drie keer per jaar vir sportbyeenkomste gebruik.
Op 3 Oktober vanjaar benut ‘n bergfietswedren die roetes en sal die park toe wees vir die breë publiek. Die Great Escape MTB Ride bied ‘n makliker 10km, ‘n gematigde 30km en strawwe 40+km wedren aan. Skryf nou reeds op www.entryninja.com in. Op 17 Oktober bied Koedoeslaagte saam met The Practice ‘n tweede bergfiets vaardigheids-werkswinkel aan. Daar is beperkte spasie en belangstellendes word gevra om betyds aanlyn te bespreek. Besoekers is natuurlik welkom om die wedrenne en wedlope wat wel daar sal plaasvind te ondersteun. Die plaas word bedryf as ‘n natuurreservaat en die natuurskoon se waarde is ononderhandelbaar. Geen visvang of jagbedrywighede word toegelaat nie. Hulle beloof ook ‘n rommelvrye omgewing aan al hul besoekers. Koedoeslaagte bemark ‘n gesinsvriendelike omgewing vir die avontuurlustige wat sy/haar eie gesonde vermaak verskaf. Die reservaat spog met verblyf, ’n kantien met heerlike koffie, kos, koeldrank en lekkernye, ’n gefiltreerde plaasdamswembad, stap en bergfietsroetes. Besoekers is welkom om op die oggend hul dagpasse aan te koop. Die dagpas/toegangskoste is slegs R50 per volwassene en R25 per skoolgaande kind. Voorskoolse kinders geniet gratis toegang. Koop nou jou dagpas aanlyn by www.koedoeslaagte.com en kry ‘n koppie vars filterkoffie saam met elke dagpas vir volwassenes.

Die hektye vir Oktober is 06:30 tot 17:00. Besoek gerus hul webtuiste, www.koedoeslaagte.com en Facebookblad vir die nuutse inligting.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button