CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Amptenare bedank en gaan met verlof: Administrateur neem oor by JB Marks munisipaliteit

Nadat die provinsiale staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) die JB Marks-munisipaliteit by die spesiale ondersoekeenheid (SOE) vir Covid-19-aangeleenthede aangekla het, word die munisipaliteit tans vir beweerde Covid-19-bedrog ondersoek.

Nadat die provinsiale staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) die JB Marks-munisipaliteit by die spesiale ondersoekeenheid (SOE) vir Covid-19-aangeleenthede aangekla het, word die munisipaliteit tans vir beweerde Covid-19-bedrog ondersoek.

Die administrateur, Thupi Mokhatla, wat nou die finale sê oor al die besluitnemings van die munisipale bestuurder het, is reeds op 8 September by die JB Marks-munisipaliteit aangestel. Hy het nou die moeilike taak om onder meer die algehele bestuur en administrasie van die munisipaliteit te stabiliseer, te verbeter en te bestuur. Mokhatla het onlangs in ‘n brief aan munisipale werknemers, hul gemaan om hul volle samewerking te gee.

Die kommunikasiewoordvoerder van die JB Marks-munisipaliteit, William Maphosa, het bevestig dat die spesiale ondersoekeenheid verlede Donderdag, 10 September op die munisipaliteit se rekenaars, skootrekenaars en finansiële dokumente van die finansiële departement beslag gelê het en tans ‘n ondersoek in Pretoria loods. Hy het ook genoem dat dit nie buitengewoon is nie en dat beslaglegging van die munisipaliteit se eiendom gewoonlik die prosedure by so ‘n ondersoek is.

Maphosa het ook gesê dat die munisipale bestuurder, Lebo Ralekgetho, reeds vir ‘n geruime tyd ondersoek word en dat verskeie onderhoude reeds met hom gevoer is. Hy het ook bevestig dat Ralekgetho tans met siekverlof is, maar het gerugte ontken dat hy by die werk “ineengestort” het.

Verder het Maphosa ook bevestig dat die voorsieningskanaal bestuurder (supply chain manager), Thabang Modiko, bedank het. Bewerings dat sommige amptenare wat by onder meer die Durban July-ondersoek betrek word ook met verlof gegaan het, kon nog nie bevestig word nie.

Related Articles

Back to top button