CommunityNewsNewsPhoto Galleries

CID sien nou wie onwettig stort

Die sekuriteitskameras op die Bult sien ook watter restaurante stort onwettig vuil olie en water in die stormwaterdreine.

“Instansies wat hierdie tipe ernstige oortreding pleeg, sal in die toekoms wanneer hulle dit herhaal, by die gesondheidsdepartement van Dr Kenneth Kaunda aangekla word en toepaslike boetes sal uitgereik word.”

So sê prof. Fika Janse van Rensburg, hoofuitvoerende beampte van die Bult City Improvement District (CID), nadat hulle hierdie week videomateriaal bekom het wat wys hoe twee werknemers van ‘n wegneemete-restaurant op die Bult met twee emmers stap en die inhoud in ‘n stormwaterdrein op die Bult se parkeerterrein uitgooi.

Die sekuriteitsmaatskappy, Mooirivier Beskerming, het personeel na die toneel uitgestuur wat die mans betrap het en hulle gewaarsku het om dit nie weer te doen nie. Volgens die sekuriteitsbeamptes was dit vuil water wat in die drein afgegooi is.

Prof. Janse van Rensburg sê dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie. In die verlede is gebruikte olie sommer in Cachetpark op die gras uitgegooi. Twee weke gelede het ‘n werker hom genader wat hom gewys het dat vet in ‘n stormwaterdrein in Steve Biko uitgegooi is. Hy het gesê dat stormwaterdreine alleenlik daar is om reënwater te dreineer en dat CID in die toekoms baie streng teenoor die restaurante en die publiek gaan optree wat die dreine misbruik.

Die kommunikasiebeampte van CID, Cindy Puren, sê die kamera-monitering gaan oor baie meer as net veiligheid.“Die CID se blootstelling van hierdie voorval bewys net weer hoe wyd en divers die omvang van Cachet Park CID en die uitwerking van die 24/7 kamera-monitering kan wees. Afgesien van veiligheid, gaan dit ook oor die gemeenskap, die behoud van die omgewing en om die kultuur en geskiedenis van die afgebakende gebied te hervestig en te behou. Dit is Cachet Park CID se verantwoordelikheid teenoor sy lede en die res van Potchefstroom. Dankie vir elkeen wat hierdie taak moontlik maak,” sê sy.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button