NewsNews

Nuwe drank- en tabakverbod is fopnuus

Mense in Potchefstroom sowel as die res van Suid Afrika was vandag (25 Augustus) op hol nadat whatsapp boodskappe versprei is, dat die verbod op drank en tabak Dinsdagaand hervat sal word. 

Mense in Potchefstroom sowel as die res van Suid Afrika was vandag (25 Augustus) op hol nadat whatsapp boodskappe versprei is, dat die verbod op drank en tabak Dinsdagaand hervat sal word.

Potchefstromers het glo vanmiddag by verskeie drankwinkels tou gestaan om voorraad te koop.

Netwerk24 berig dat die departement van handel, en nywerheid verseker dat dit fopnuus is.

Dean MacPherson, DA woordvoerder van handel en nywerheid het met die departement geskakel oor die gerugte. Natasha Mazzone, DA hoofsweep in die parlement het vanmiddag bevestig dat dit fopnuus is en gevra dat dit nie verder versprei word nie.

Van die boodskappe wat versprei beweer dat President Ramaphosa weer vanaand (25 Augustus) die nasie gaan toespreek. Dit is ook as fopnuus ontbloot.

 

 

 

Related Articles

Back to top button