Oorgrens jag en verblyf vir jagters nie meer toelaatbaar

Die minister van Omgewing, Bosbou en Visserye, Barbara Creecy, het vandag (28 Julie) nuwe regulasies aangekondig wat verband hou met jag tydens vlak 3 van inperking. 

Die minister van Omgewing, Bosbou en Visserye, Barbara Creecy, het vandag (28 Julie) nuwe regulasies aangekondig wat verband hou met jag tydens vlak 3 van inperking.

Volgens hierdie regulasies word reis vir benuttingsjagte slegs binne ’n provinsie toegelaat en geen akkommodasie mag vir die doeleindes van jag verskaf word nie.

Fred Camphor, hoof uitvoerende beampte van die SA jagters en wildbewaringsvereniging, het in ‘n nuusbrief aan lede van die vereniging verduidelik dat dit in praktyk beteken dat `n individu slegs sal kan jag binne die provinsie waar hy/sy bly, na 04h00 die oggend ry en weer voor 21h00 saans tuis moet wees.

“Hierdie direktiewe kom as `n baie onaangename verrassing na die President se toespraak dat die ekonomie heropen moet word. Daar is reeds `n vergadering met die Minister aangevra om die onderwerp te bespreek. Ons vra egter dat lede asb. verantwoordelik optree en die direktiewe sal nakom,” het Camphor in ‘n nuusbrief gesê.

Die Herald het die departement van Omgewing, Bosbou en Visserye genader vir komentaar en sal dit bywerk soos dit ontvang word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version