NewsNews

Student wat opspraak met lied maak het groot drome

“My grootste droom op die oomblik is om ‘n wêreldtoer te doen. Ek wil op die verhoog staan en die skare moet my doodsing.” So sê Vivien Redelinghuys, ’n tweedejaar student in Sosiologie en Arbeidsverhoudinge wat onlangs groot opspraak gemaak het nadat hy en ’n vriend, Anthony Hattingh, Hallelujah of Hope, vrygestel het. Die lied …

“My grootste droom op die oomblik is om ‘n wêreldtoer te doen. Ek wil op die verhoog staan en die skare moet my doodsing.”
So sê Vivien Redelinghuys, ’n tweedejaar student in Sosiologie en Arbeidsverhoudinge wat onlangs groot opspraak gemaak het nadat hy en ’n vriend, Anthony Hattingh, Hallelujah of Hope, vrygestel het.
Die lied is op Jeff Buckley se weergawe van die bekende lied, Hallelujah, gebaseer.
Redelinghuys wat van Alberton af kom, het die liedjie saam met Hattingh uitgewerk om mense hoop te gee.
“Ons wou mense deur hierdie tyd bring. Ons wil hê mense moet weet dat ons hier gaan deurkom en sterker gaan wees,” vertel hy.
Mense het dadelik aanklank by die tema van die liedjie gevind en dit amper onmiddellik wyd en syd aanlyn versprei.
Dit het ’n sterk geloofsaanslag wat die boodskap van hoop nog verder tuisbring.
Alhoewel die liedjie vir Vivien behoorlik in die kollig geplaas het, is hy al ’n paar jaar besig om musiek te maak.
“Ek het al op 4 of 5 jaar my eerste kitaar gekry. Op 11 jaar het ek ’n elektriese kitaar gekry en vir ’n jaar of wat vir lesse gegaan, maar toe opgehou,” verduidelik hy.
In 2015 moes Vivien ’n operasie aan sy knieg ondergaan wat hom vir lank by die huis gehou het. In die tyd het hy sy passie vir musiek weer vlamgevat.
“Ek het myself leer klavier speel en in matriek ook weer die kitaar opgetel. In my eerste jaar was ek deel van die Villagers sêrgroep en ons het mekaar baie uitgehelp met musiek,” vertel hy.
Hy het aan die begin van die jaar saam met medestudente, Leon Johan Theron, Steven Serrao en Zjack de Beer die “band” Members of Society gestig.
Volgens Redelinghuys hoop hulle om vanjaar nog iewers te kan optree. “Ons is meestal gefokus op “rock and roll”. Soos Francois van Coke, Spoegwolf. Ek wil daai tipe klank hê,” vertel hy.
Vivien het groot drome vir sy musiekloopbaan maar is vasbeslote om sy graad te voltooi.
“Ek gaan alles insit in my studies en die musiek. As die musiek nie uitwerk nie, het ek ‘n graad om op terug te val,” sê hy.

 

 

 

Related Articles

Back to top button