CommunityNewsNewsPhoto Galleries

NWU gaan vir eers voort met klasse en toetse

“Die Noordwes Universiteit (NWU) se klasse en toetse sal vir nou voortgaan” sê die woordvoerder van die NWU, Louis Jacobs, midde die Koronavirus pandemie.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/71169/nwu-se-nuwe-veiligheidsmaatreels-rondom-viruspandemie/

 

 

“Die Noordwes Universiteit (NWU) se klasse en toetse sal vir nou voortgaan” sê die woordvoerder van die NWU, Louis Jacobs, midde die Koronavirus pandemie.

Volgens Jacobs mag nuwe reëlings egter later geld wanneer besprekings tussen die minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie en die visekanseliers van universiteite vanmiddag plaasvind het.

Die NWU het reeds studente en personeel so breedvoerig moontlik oor die virus ingelig met ‘n publieke lesing wat verlede Woensdag (11 Maart) regstreeks van die Potchefstroom kampus uitgesaai is.

Meer as 700 studente en personeel het ingeskakel om na dr. Hazel Mufhandu, ‘n viroloog van die NWU Mahikeng Kampus, se breedvoerige uiteensetting oor die virus te luister.

Die NWU tref verder voorsorgmaatreëls op al drie kampusse deur handsaniteerders aan al die studente te versprei.

Related Articles

Back to top button