Beurtkrag stel Valentynfilm een dag uit

Die Valentynfliek, Chocolat, word nou op Saterdag, 15 Februarie in die tuin van die Gereformeerde Kerksaal, Bult op die hoek van Molen- en Borcherdstraat vertoon.

Beurtkrag is die oorsaak dat die Valentynfliek, Chocolat en –piekniek nie meer Vrydag, 14 Februarie by Cachetpark gehou word nie. Gelukkig is Potchefstromers nou al só gewoond aan ontwrigting dat hulle maklik daarby aanpas.

Die Valentyngeleentheid skuif nou na die tuin van die Gereformeerde Kerksaal, Bult op die hoek van Molen- en Borcherdstraat. Piekniekgangers word genooi om hulle eie piekniekmandjies te pak en komberse/stoele te bring. Die piekniek begin om 18:30 en die fliek net na 19:00 wanneer dit donker genoeg is. Die film is twee ure lank. Om te keer dat die muskiete jou in dié tyd wegdra, moenie muskietweerder vergeet nie.

Kliek op die skakel om ‘n voorskou van die film te sien: https://www.youtube.com/watch?v=692hOJq1KJE&t=10s

Exit mobile version