NewsNews

Man twee keer in een week beroof

’n Jong man wat vyf maande gelede Potchefstroom toe getrek het, is twee keer in een week op die twee verskillende brûe in Potchefstroom beroof.

’n Jong man wat vyf maande gelede Potchefstroom toe getrek het, is twee keer in een week op die twee verskillende brûe in Potchefstroom beroof.

Mladen MacLagen (25) is op 20 November en toe weer 26 November deur ’n groep van vier mans beroof.

Mladen werk in die industriële gebied en moet oor die N12-brug naby Beyers Naudelaan loop om by die werk te kom. Op 20 November het hy die middag oor die brug werk toe geloop toe vier mans met messe op hom afgekom het.

“Die vier mans het op die brug se een punt gestaan en toe ek verby hulle loop, begin hulle my agtervolg. Hulle het messe uitgepluk en my geld, fone, powerbanks en alles gevat,” sê hy.
Mladen het na die voorval eerder besluit om ’n ander roete te vat en het eerder oor die brug by die OK Grocer huis toe geloop.

Byna ’n week later het hy weer vier mans teëgekom. Die keer op die ander brug. Hy beweer dit is dieselfde vier wat hom ’n week gelede op die ander brug beroof het. Hy sê hy kon hulle veral aan hul tatoeëermerke uitken.

Mladen was omstreeks middernag op 26 November op pad terug huis toe, toe hy die vier mans op die trappies by die brug sien sit het.

“Toe ek weer kyk, toe is dit te laat,” sê hy.

Die mans het hom glo met pepersproei in sy gesig gespuit en van al sy besittings beroof.

Mladen sê hy het ’n saak by die polisie oopgemaak, maar die mans is nog nie in hegtenis geneem nie.

“Ek sien hulle elke dag as ek werk toe gaan.”

Hy het intussen vir hom ’n bromponie gekry sodat hy nie weer oor die brûe hoef te loop nie. Hy sê die vier mans wat hom beroof het, sit elke dag by die brug.

“Hulle sit en wag vir die volgende persoon om te beroof,” sê hy. Ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het nog niemand in hegtenis geneem nie omdat hulle nie genoeg bewyse het nie. Sy sê MacLagan was volgens haar nog nie weer by die polisie om te sê dat hy die mans weer gesien het nie.

“Hy kan kom en ons wys waar die mans is,” sê Manyoba.

Die Herald het al verskeie artikels gepubliseer oor studente wat by een van die twee brûe beroof is.

Op 12 Oktober is twee broers, Roni Yu (21) en Carl Heubsch (31), op die N12-brug deur drie mans, twee met messe gewapen, aangeval toe hulle van Boerebar terug huis toe gestap het.

Die Herald het verlede jaar ook oor verskeie voorvalle waar studente op die OK-brug aangeval en beroof is, berig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button