NewsNews

Hier is ons Matriekrok van die Jaar kompetisie-inskrywings

Koop vandag jou Potchefstroom Herald en stem vir die matriekrok-meisies wat na die top 20 gaan deurdring.

Die Herald het 41 inskrywings vir ons Matriekrok van die Jaar-kompetisie ontvang. Daar kan ongelukkig net een wenner wees en ons lesers en die beoordelaars sal bepaal wie dit gaan wees.

Lesers kan hierdie week en volgende week vir hul gunsteling matriekrok stem. Na dié week sal 20 meisies na die volgende ronde deurdring, waarna lesers vir die top vyf moet stem.

Die vyf meisies met die meeste stemme sal na die finale ronde deurdring, waar beoordelaars na die inskrywings sal kyk en dan op ’n algehele wenner sal besluit.

Die wenner gaan groot pryse, insluitend ’n kontantprys van FFG Potchefstroom, ’n eetbewys van The Broken Pot, ’n avontuur op die Vaalrivier van Stonehenge en verskeie wonderlike  geskenkbewyse van Potchefstroom Akademie, Studio 360, Hairtrends, Wellness Centre en Lingerie Studio en Montana Spur wen.

Al die inskrywings is in dié week se Potchefstroom Herald se gedrukte koerant. Die inskrywings is ook op ons Facebookblad sowel as ons Instagramblad beskikbaar, en sal na die week nie weer almal in die koerant verskyn nie.

Om vir jou top 20 te stem:

• Koop vandag (24 Oktober) se Potchefstroom Herald.
• Knip die stembrief wat op bl. 12 vesrkyn uit.
• Vul die nommer van die meisie wat jy dink moet wen, in die toepaslike blokkie in.
• Bring die stembrief na die Herald se kantoor voor Dinsdag, 29 Oktober om 13:00.
• Slegs oorspronklike stembriewe sal aanvaar word.
• Slegs een nommer mag op ’n stembrief ingevul word.
• Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
• Daar sal ’n nuwe stembrief vir die volgende stemronde in volgende week se koerant verskyn. Hiermee sal jy vir jou top vyf kandidate kan stem.
Vir meer inligting skakel Marianke Saayman by (018) 293 0750 of marianke.saayman@media24.com
• Onthou, hoe meer koerante jy koop, hoe meer kere kan jy stem.
• Koerante is beskikbaar by:
–   Die Herald se kantoor op die hoek van Piet Uys en Govan Mbeki-rylaan
–   By straatverkopers op straathoeke (slegs Donderdag en Vrydag)
–   By meeste kafees en winkels in die stad
• Koerante kos R6,10 elk

Hier is al 41 inskrywings:

 

Hier is ons borge:

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button