NewsNewsBreaking News

Laurika Rauch vertoning gaan voort ten spyte van ongeluk

Laurika Rauch sal steeds vanaand (26 September) haar uitverkoopte vertoning by Aardklop lewer, ten spyte van 'n ongeluk waarin sy gisteraand betrokke was.

Laurika Rauch sal steeds vanaand (26 September) haar uitverkoopte vertoning by Aardklop lewer, ten spyte van ‘n ongeluk waarin sy gisteraand betrokke was.

Alexa Strachan, Aardklop feesbestuurder, sê Laurika was gisteraand omstreeks 19:00 saam met Annemarie Raath, lid van die Aardklop-bestuurspan, en ander Aardklop personeel, op pad na ‘n klanktoets vir haar vertoning, toe hulle feesvoertuig deur ‘n ander motor getref is.

Die ongeluk het in Hoffmanstraat op die Bult plaasgevind.

Beide Laurika en Annemarie is na MediClinic Potchefstroom geneem. Hulle het slegs ligte beserings opgedoen.

“Annemarie was vanoggend 07:00 al by die werk,” sê Alexa.

“Laurika het ‘n paar kneusplekke maar haar vertoning gaan steeds voort. Sy sal nie sommer so ‘n vertoning afstel nie,” sê sy.

Laurika het slegs een vertoning tydens Aardklop en dit is reeds uitverkoop.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button