NewsNews

NWU vyfde op SA universiteitranglys volgens THE

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het vir die eerste keer aan Times Higher Education (THE) se universiteitsgradering deelgeneem en het ‘n vyfde plek op die Suid-Afrikaanse universiteisranglys behaal.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het vir die eerste keer aan Times Higher Education (THE) se universiteitsgradering deelgeneem en het ‘n vyfde plek op die Suid-Afrikaanse universiteisranglys behaal.

Volgens THE word die eerste vier plekke deur die Universiteit van Kaapstad (UCT), die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Kwazulu Natal beklee.
Die NWU word wêreldwyd in die posisie tussen 501 en 600 geplaas uit die 1 396 universiteite wat vir die 2020-graderings geëvalueer is.
THE gebruik 13 noukeurig-gekalibreerde prestasieaanwysers om universiteite te vergelyk. Die prestasieaanwysers word as volg gegroepeer: Onderrig (die leeromgewing); navorsing (volume, inkomste en reputasie); aanhalings (navorsingsinvloed); internasionale profile (personeel, studente en navorsing); en bedryfsinkomste (kennisoordrag).
Van die Suid-Afrikaanse universiteite, het die NWU die beste op die gebied van aanhalings gevaar waar hul die 375ste beklee het. Aanhalings ondersoek navorsingsinvloed en bepaal die hoeveelheid kere wat ‘n universiteit se gepubliseerde werk deur vakkundiges wêreldwyd aangehaal word. Die aanhalings wys hoeveel elke universiteit tot die totaal van menslike kennis bydra en is dus ‘n aanwyser van die waarde wat hul navorsing deur die wêreldwye vakkundige gemeenskap erken word.
Die Center for World University Rankings (CWUR) het ‘n maand gelede aangedui dat die NWU sewende op die Suid-Afrikaanse universiteitsranglys is. Volgens die CWUR-gradering het die NWU sy posisie in die wêreldranglys met 95 plekke verbeter en van die 964ste posisie na 869ste gevorder wat onder die boonste 4.8% val van die meer as 18 000 universiteite wat wêreldwyd geëvalueer is.

Related Articles

Back to top button