Mnr. NWU in Mafikeng is ‘n vrou

'n Vrou is onlangs as die nuutste Mnr. NWU op die Mafikengkampus gekroon.

‘n Vrou is onlangs as die nuutste Mnr. NWU op die Mafikengkampus gekroon.

Hope Bhuda, ‘n lesbiese vrou het vanjaar se kompetisie gewen. Die kompetisie is onder die hutsmerk #BreaktheCode aangebied en ‘n uitnodiging is aan almal gerig om deel te neem.

Volgens verskeie Facebook inskrywings het selfs mans aan die Mej. NWU Mafikengkampus deelgeneem.  Alle navrae oor die kompetisie is na Louis Jacobs direkteur van korporatiewe kommunikasie verwys.

Volgens hom het die NWU se bestuur reeds ‘n verslag van die organiseerders aangevra waarna dit hanteer sal word.

“Geslags- en seksualiteitsbewustheid is ‘n kritieke komponent van die diversiteitsfokus van die NWU. Ons omhels en respekteer die regte van al ons personeel en studente om hulself op enige manier wat hulle wil uit te druk,” het Jacobs benadruk.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version