NewsNews

Dapper Adelaine sterf

Haar lewe was 'n getuienis

Ons innige medelye met die familie van Adelaine van Zyl, ‘n oudskolier van Hoërskool Parys wat vanoggend op 30-jarige ouderdom in die Eugene Marais hospitaal oorlede is na haar moedige stryd met Sclerosteosis (marmerbeen siekte).

Ons salueer jou Adelaine vir jou onwrikbare geloof en deursettingsvermoë, jou glimlag en besondere manier hoe jy die lewe waardeer het te midde van jou swaarkry.

Lees ook die huldeblyk vir Adelaine in hierdie week se Parys Gazette.

 

Related Articles

Back to top button