NewsNewsBreaking News

Speaker Modise in Potchefstroomse hof vir dieremishandeling

Thandi Modise, speaker in die parlement, het vandag (22 Julie) in die Potchefstroomse landdroshof op aanklagte van dieremishandeling verskyn.

Thandi Modise, speaker in die parlement, het vandag (22 Julie) in die Potchefstroomse landdroshof op aanklagte van dieremishandeling verskyn. Die hofsaak is uitgestel tot 30 Oktober waartydens ‘n verhoordatum na verwagting bepaal sal word.

Modise moes op 21 Junie in die hof verskyn het, maar het toe nie opgedaag nie. Sy het verskoning gemaak en aangevoer dat haar parlementêre verpligtinge keer dat sy nie self by die hof kon wees nie.

Dié saak spruit voort uit diere op haar plaas naby Potchefstroom wat in 2014 van die honger gevrek het. Die Nasionale dierbeskermingsvereniging (NDBV) moes ook 224 diere op die plaas van kant maak.

Modise se verweer destyds was dat sy nie bewus was van die omstandighede nie, omdat iemand die plaas namens haar bestuur het.

Die saak is een van Afriforum se private vervolgingsake waar die burgerregte-organisasie namens die NDBV optree. Die Nasionale vervolgingsgesag het in 2017 besluit om weens ‘n gebrek aan bewyse haar nie te vervolg nie.

Die NDBV het dit, die plaas van gruwels bestempel. Ten tyde van die voorval was Modise die Premier van die Noordwes gewees.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/60390/privaat-vervolging-van-thandi-modise-tot-6-mei-uitgestel/

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button