PAWS, brandweer red beeste uit riooldam

Lede van PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society), die brandweer en Trompie Kitsgras het die afgelope Saterdagaand (13 Julie) vir meer as vier ure in die koue nag geswoeg om vier beeste uit ’n riooldam te red.

Volgens Errol van Niekerk, ’n bestuurder by PAWS, het die vier beeste op ’n manier deur die heining, tot in die rioolplaas gekom.

Van Niekerk het net na 18:00 die oproep gekry waar hy gevra is om te gaan help. Hy, sowat vier mans van Trompie sowel as twee mans van die brandweer het tot na 23:00 die aand gesukkel om die beeste uit die dam te kry.

“As ons hulle nie Saterdagaand uitgekry het nie, sou hulle heel moontlik verkluim het,” sê Van Niekerk.

Van Niekerk sê die beeste kon darem gered word. Hoewel hulle baie vuil was, is hulle nie beseer nie.

Een van die beeste wat in die riooldam vasgesit het. Foto: Errol van Niekerk
Exit mobile version