Vrou gee beloning vir gesteelde ring

Enigeen wat op so ’n troupand afkom, moet asseblief 082 576 3286 skakel.

’n Potchefstroomse vrou (93) sê sy sal ’n beloning gee vir die persoon wat haar oorlede ma se troupand aan haar sal terugbesorg.

Die vrou sê die pand is verlede Woensdag vanuit ’n kluis in haar woonstel gesteel. Sy wil alles in haar vermoë doen om die pand terug te kry aangesien dit sentimentele waarde het.

Dit is ’n breë, goue pand met ’n diamant op. Binne die pand is haar ouers se name sowel as hul troudatum (05/06/1918) gegrafeer. Die pand is 101 jaar oud.

Enigeen wat op so ’n troupand afkom, moet asseblief 082 576 3286 skakel.

Exit mobile version