Rekenmeester in hof weens bedrog

’n Rekenmeester wat onlangs daarvan aangekla is dat hy bedrog gepleeg het, het Dinsdag, 16 Julie, weer in die hof verskyn.

’n Rekenmeester wat onlangs daarvan aangekla is dat hy bedrog gepleeg het, het Dinsdag, 16 Julie, weer in die hof verskyn.

Ruan Blignaut (33) het volgens kapt. Mvula Chaka, na bewering sowat R1,4 miljoen in ’n tydperk van sowat twee maande by Chubby Chick gesteel. Hy is in Meimaand in hegtenis geneem en is op R40 000 borgtog vrygelaat.

Blignaut het byna tien jaar as rekenmeester by dié groot hoendermaatskappy gewerk.

Die ondersoek duur egter nog voort en die hofsaak is uitgestel tot 20 Augustus sodat verskeie dokumentasie soos bankstate en selfoonrekords nog nagegaan kan word.

Exit mobile version