NewsNews

Gee jou 67 minute vir PAWS

PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) het die gemeenskap se 67 minute dié jaar nodig.

Op Donderdag, 18 Julie, vier die land weer Mandela Dag, ‘n dag wanneer mense kies om te gee eerder as neem.

PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) het die gemeenskap se 67 minute dié jaar nodig. Gee jou 67 minute vir PAWS deur jou tyd aan hulle te skenk, of iets op hulle wenslys te help waar maak.

PAWS wens vir die volgende op Mandela Dag:

  • 67 aannemings
    • 67 sakke honde- of katkos
    • 67 stappies of krappies (kom stap met ‘n hond of kom speel met ‘n kat)
    • 67 leibande
    • 67 pakke drukker-papier
    • 67 penne
    • 67 sakke wasgoedpoeier
    • 67 pakke swartsakke
    • PAWS benodig ook iemand om te help in die tuin en met die onderhoud van die perseel soos om die bome te snoei en om speelparke en buite-areas netjies te maak.
    • Hulle bakkie, wat gebruik word om diere in nood te help, kort ook ‘n diens sowel as nuwe bande.
    • Hokke kort nuwe verf
    • PAWS benodig sement sowel as kruiwaens
    • Opgradering van hul sekuriteitskameras

Enigiemand wat ‘n bydrae kan lewer om enige van die bogenoemde te help waar word, kan PAWS by Viljoenstraat 2 besoek of hulle by 071 681 9264 / 018 294 3856 skakel.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button