Uitspraak ’n tweede keer uitgestel

Uitspraak ’n tweede keer uitgestel

Uitspraak in die verhoor van die 6 mans van Parys wat tereg staan op klagte van moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba, sal nou eers in Oktober vanjaar in die Hoë Hof in Parys gehoor word.
In die soveelste wending sedert die verhoor meer as drie jaar gelede begin het, was die uitstel van die uitspraak wat vandeesweek gehoor sou word, onafwendbaar, met regter Corné van Zyl wat weens siekte nie die hofverrigtinge kon bywoon nie.
Uitspraak sal nou eers die week van 15 tot 18 Oktober vanjaar in die Hoë Hof in Parys gegee word.
Landdros Gustav Prinsloo het in die afwesigheid van regter Van Zyl die uitstel behartig en die beskuldigdes se borg verleng.
Die staat voer in sy saak teen Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Loedie van der Westhuizen, Cor Loggenberg en Miela Janse van Vuuren, aan dat hulle Tjixa en Jubeba na bewering sodanig sou aangerand het op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hul kort daarna aan hul beserings beswyk het. Tjixa en Jubeba is deur ‘n groep mans aangekeer na ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen (sr.) op die plaas Biesiesbult.

Exit mobile version