Steeds gesluit vir besoekers se veiligheid

Steeds gesluit vir besoekers se veiligheid

Die hangbrug oor die Vaalrivier in Boomstraat, Parys, is steeds gesluit. Johann Bosman wat in die omgewing van die hangbrug bly en al vir 7 jaar toesien dat die omgewing by die brug skoongehou word, sê dat hy die versperringsband op die brug aangebring het vir besoekers se eie veiligheid. Daar is ook ’n waarskuwingskennisgewing aangebring.
Nietemin het mense die afgelope naweek die versperringband herhaaldelik afgehaal of selfs oorgeklim om oor die brug te loop of foto’s te neem. Daar is ook weer grafitti op die brug geverf.


Die besluit om die brug vir eers te sluit is geneem nadat sigbare skade aan die brug al vir ’n geruime tyd vir inwoners van Parys ’n bekommernis is.
Johann het opgemerk dat die ysterpale waaraan die kabels vas is, stuk-stuk weggedra word. Hy het die gevaar daarvan besef en begin ondersoek instel.
Die pale is toe opgespoor by ’n skrootwerf.
Die munisipaliteit self het egter teen Gazette se druktyd steeds nie ’n klag by die polisie oor die diefstal van die pale gelê nie.
Dankie aan elkeen wat na verlede week se berig in die Gazette oor die hangbrug reeds hulp aangebied het om die skade te herstel.

Exit mobile version