NewsNews

Polisieman sterk aan na mesaanval

'n Polisieman verbonde aan die Ikageng speurtak sterk tans by die huis aan nadat hy deur 'n verdagte met 'n mes aangeval is.

‘n Polisieman verbonde aan die Ikageng speurtak sterk tans by die huis aan nadat hy deur ‘n verdagte met ‘n mes aangeval is.

Volgens Lt. Kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, is die 33 jarige sersant Vrydag (28 Junie) buite ‘n huis in uitbreiding 11 van Ikageng aangeval.

“Die beampte wou die verdagte in hegtenis neem op ‘n aanklag van diefstal wat glo aan die begin van Junie gebeur het. Volgens die inligting tot ons beskikking het die verdagte homself teëgesit waarna hy die beampte met die mes gesteek het,” het Funani gesê.

Die polisieman is hospitaal toe gejaag waar hy behandeling ontvang het. Die verdagte is Dinsdag in Ikageng in hegtenis geneem.

Volgens Funani het die 37-jarige verdagte op 4 Julie in die hof op aanklag van poging tot moord verskyn. Dumisani Nene se saak is tot 8 Julie vir amptelike borgaansoek uitgestel. Nene sal in aanhouding bly.

 

Lees meer oor die voorval in volgende week (11 Julie) se uitagawe van die Herald

 

Related Articles

Back to top button