NewsNews

Bakkie ploeg deur muur in huis in

'n Bakkie het gisteraand (1 Julie) deur 'n heining en in 'n huis in Paulstraat ingeploeg nadat die bestuurder van die bakkie glo beheer oor die voertuig verloor het.

‘n Bakkie het gisteraand (1 Julie) deur ‘n heining en in ‘n huis in Paulstraat ingeploeg nadat die bestuurder van die bakkie glo beheer oor die voertuig verloor het.

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, het paramedici omstreeks 19:25 op die toneel gekom. Die bestuurder van die bakkie, ‘n man wat na bewering in sy 20’s is, was binne die bakkie vasgevang.

Die plaaslike brandweer het die man uit die bakkie bevry en hy is onder polisie-toesig hospitaal toe geneem. Volgens Meiring het hy nie ernstige beserings opgedoen nie.

Die inwoners van die huis is na MediClinic Potchefstroom.

 

*Lees meer in Donderdag se Potchefstroom Herald.

Related Articles

Back to top button