NewsNews

Steve jammer om nie Potchefstromers te sien nie

“Ek is jammer ek kan my vriende in Potchefstroom nie sien nie. Ek was darem nou die dag in ‘n uitverkoopte stadsaal daar.”

“Ek is jammer ek kan my vriende in Potchefstroom nie sien nie. Ek was darem nou die dag in ‘n uitverkoopte stadsaal daar.”
So het die bekende sanger, Steve Hofmeyr, oor die onlangse kansellasie van sy vertoning in Potchefstroom gesê.
Hofmeyr sou as deel van die manskoshuis Patria se Patria-July, by die Snowflake-gebou optree. Die NWU het egter die optrede gekanselleer.
Volgens Louis Jacobs, direkteur vir koporatiewe kommunikasie van die NWU, is Hofmeyr op Vrydag, 21 Junie ingelig dat die optrede gekanselleer word.
“Die Noordwes-Universiteit kan homself nie vereenselwig met enige kunstenaar of persoon wie se optrede teen die waardes van die universiteit indruis nie,” het Jacobs gesê. Volgens hom sal die voorwaardes van die kontrak steeds nagekom word.
Volgens Hofmeyr is hy steeds vir die kansellasie vergoed, maar dat dié wat hom wou sien optree, se regte geskend is.
“Hulle kom alleen weg waarmee ons hulle laat wegkom. Dié wat my wou hoor se regte is verpletter deur administrateurs wat toertjies doen vir hul ANC base. Multichoice en Toyota bied maar dieselfde diens aan hierdie ou-kerkse sensuurrade. Sensuur bring vreugde totdat dit met jou gebeur,” het hy by navraag gesê.

Related Articles

Back to top button